Durban vier op 12 en 13 November steurgarnaalfees in samewerking met die South African Chefs Association (SACA) en Imajin Events. Dit gebeur alles by die Suncoast Casino and Entertainment World. 20 van Durban se top-restaurante en -hotelsjefs gaan spog met hul steurgarnaal-en-rys-spesialiteitsgeregte. Dít gaan hulle gebruik:

  • 1 ton steurgarnale (prawns)
  • 750 kg Aunt Caroline’s Rice
  • souse en marinades van die Unilever Food Solutions-produkreeks
Jy kan elk van die 20 sjefs se geregte probeer en dan saam met die beoordelaars stem vir die King Prawn 2009. Kaartjies kos R150 per persoon (geen kinders onder 18). Dit sluit 'n porsie van elke gereg en 2 glase KWV-wyn of koeldrank in. Daar’s ook ’n proegeleentheid van KWV-brandewyn en Ciro-koffie. Kaartjies is beskikbaar by Suncoast se inligtingstoonbank (oorkant die Afrokwazi-winkel) vanaf 6 tot 13 November tussen 12:00 en 16:00. Vir meer inligting oor die fees, skakel Mornay Camminga by 083 232 3573.