My kos

Diabete

Supersoet
Bak gerus hiermee. 10 g Canderel korrelversoeter (granular sweetener) vervang 100 g rietsuiker. Sowat R28 vir 75 g by supermarkte.

Veelsydig
Hawersemels (oat bran) van Jungle Oats het ‘n growwe korreltekstuur en kan by broodbeslag, beskuitjiedeeg, sop, jogurt of bredies gevoeg word om cholesterolvlakke te help beheer. Sowat R22 vir 500 g by supermarkte.

Spesiale-konfyt
Diabete - appelkooskonfyt van Thistlewood bevat geen bygevoegde suiker nie en is spesiaal geformuleer vir diabete. Sowat R22 vir 310 g by supermarkte.

Stroopsoet
Vervang rietsuiker met Huletts se poeier-bakversoeter, Sugalite, sowat R9,99 vir 85 g by supermarkte. Huletts Equisweet versoetersakkies is ideaal vir jou handsak.

Markdag

Grondboontjie-lekkerte
Jy sal Black Cat se gladde grondboontjiebotter nodig hê vir die koekies. Sowat R19 vir 410 g by supermarkte.

Sjokolade-maat
Voeg Nature’s Source se geroosterde neut-muesli by gesmelte sjokolade, en jy het ’n wenresep. Sowat R25 vir 750 g by supermarkte.

Plus 2 piesangs
Gebruik Snowflake se Easymix Vanilla Muffinmengsel, voeg twee fyngedrukte piesangs by, en jy het muffins.

Op ’n stokkie
Vries drinkjogurt, soos dié van Clover Danone, in jou gunsteling-geur vir die jogurt stokkies.

Uit my kruietuin

Olyfolie
Die ekstra-suiwer extra virgin-olyfolie uit Spar se Traditional Trattoriareeks word van Italië ingevoer.

Vars gevries
Jy kan nou vars basiliekruid, fyngekap en gevries, by Woolworths koop. Die pakkies bevat 20 blokkies. By uitsoek- Woolworthstakke.

Perfekte geur
Dié tamatie is ook by ons bekend as die konfyt-tamatie. Hulle is ovaalvormig en baie geurig, perfek vir Italiaanse geregte, en is in verskeie groottes beskikbaar. Gebruik die groteres vir die tamatietert.

Kap-kap
Kap jou kruie maklik en blitsvinnig op met ‘n mezzaluna, R119, van @home.