Tuiskos

6-uur tuis eet ½ 7

Kits-blaardeeg
As jy nie tyd het om jou eie blaardeeg vir die hoenderpastei te maak nie, gebruik Today se klaargerolde blaardeeg. Sowat R6 vir 400 g by supermarkte.

Vir jou vis
Vir ‘n variasie op die oondgebakte vis kan jy jou vis insmeer met I&J Moroccan Fish Rub (ook beskikbaar in Sicilian-, Turkish- en Provençal-geure).

Mielieblom-lig
Gebruik Maizenamielieblom vir ligte, bros gebak en as verdikker vir gladde souse, soos vir die soetsuur varkvleisgereg. Sowat R10 vir 500 g by supermarkte.

In ’n bottel
Dié pynappelstukke in vrugtesap van Rhodes kan gerieflik in die yskas gehou word. Gebruik net die nodige vir die soetsuur varkvleisgereg en hou die res in die yskas. Sowat R20 vir 825 g by supermarkte.

Middel van die week poeding

So ’n poeding moet jam kry
Gebruik hierdie aarbeikonfyt van Spar in die croissantpoeding.

Ekstra smaak
Romerige Wilson’s Toffo Cream Caramels is ‘n lekker verrassing in die karamelpoeding  en gee ekstra karamelsmaak. Sowat R12 vir 150 g by supermarkte.

Sagte suiker
Probeer Selati se Muscovado-suiker (suiker gemeng met karamelstroop) in plaas van gewone bruinsuiker in die karamelpoeding. Sowat R9 vir 700 g by supermarkte.

Geen skuldgevoel
Hierdie B-well Canola kookolie is goedgekeur deur die Hart- en Beroertestigting en die Kankervereniging van Suid-Afrika. Gebruik dit in die bruintjies-resep. Sowat R13 vir 750 ml by supermarkte.



Risotto

Netjies verpak
In elke pak Curtiriso arboriorys kry jy twee nuttige verseëlde pakke van 500 g elk. Gebruik dié rys vir al die risotto resepte. Sowat R25 vir 1 kg by supermarkte en deli’s.

Altyd tamaties
Maak seker jy het genoeg All Gold gekapte tamaties in jou spens. Dis ‘n móét vir die gapermosselrisotto. Beskikbaar by supermarkte.

Bevrore ertjies
Vir die spek-en ertjie risotto op is McCain se soet baba-ertjies net reg. Sowat R28 vir 1 kg by supermarkte.

Uit die blik
Vars gapermossels (clams) is nie in ons land beskikbaar nie. Die geblikte weergawe van Mayfair is ewe goed. Gebruik dit in die gapermossel-risotto. Sowat R25 by supermarkte.