Verlede jaar het ons SARIE se 70ste verjaardag met groot, gesellige etes om ’n langtafel gevier. Vir ’n hele week kon ons saam kuier en smul aan die feesetes wat spesiaal deur SARIE se kosredakteur, Herman Lensing, berei is.

En in 2020 maak ons weer so.

Tye het dalk verander, maar ons aptyt vir ’n heerlike ete geensins nie. Daarom het ons die datums vir ons groot kook en bederf by die Kokkedoor-stoor in Milnerton, Kaapstad, hernu en nooi ons jou, ons leser, vir ’n middel-van-die-jaar-Kersete!

Kersfees. Dit voel of ’n jaar reeds verby is en daarom wil ons ’n oomblik vir refleksie saam met jou skep, ’n oomblik waar jy jouself en jou geliefdes kan vier. ’n Samekoms, sodat jy met positiwiteit vorentoe kan kyk, en ’n rede om ’n glasie Robertson Winery-vonkelwyn te klink!

Wat is in die Kersboks?

1. ’n Vyfgangmaaltyd deur Herman en sy span berei (sien die spyskaart hier onder)

2. Jou bederf van Robertson Winery: Hul splinternuwe nie-alkoholiese vonkelwyn!

3. Kersgeskenke van jou SARIE-vriende.

SARIE Kersfees-in-’n-boks

Eerste proe

  • Roosterkoek met biltongbotter en vyekonfyt

Voorgereg

  • Blomkoolsop met briochekrummels en blomkoolpiekels

Die feesmaal

  • My ma se hoenderpastei met sampioen-espresso
  • Duitse aartappelslaai
  • Groen groente met aïoli
  • Pampoenpoffers met karamel en amandelkrummels

Nagereg

  • Nostalgiese donkersjokolade-yskaspoeding met sjokoladekrummels, ystervarkie en vanieljevla

Soet vir koffie

  • Noorsdorinkies

In jou glas

  • Robertson Winery Dry Sparkling Pink-vonkelwyn (nie-alkoholies)

Hoe werk dit?

Elke dag sal Herman en sy span van ICA-sjefs 100 Kersbokse voorberei:

*Om by die Atlantic Studios in Milnerton, Kaapstad, te gaan afhaal; of * Om by jou huis in en rondom Kaapstad te laat aflewer.

Die wegneemetes sal die minste moeite verg. Jy kry eenvoudige aanwysings saam met jou spesiale boks, sodat jy die perfekte Kerstafel vir jou of jou geliefdes kan dek.

Klik hier om jou boks te bestel!