Is daar iets mooiers as ’n koek wat mooi versier is? ’n Nuwe gier steek nou in die bakwêreld kop uit: die "brushstroke cake". Dis ’n koek wat met sjokolade-kwashale versier is, en dit lyk letterlik soos ’n kunswerk!

Hier is ’n paar wenke om ’n koek só te versier:

– Kyk hierdie video waar professionele bakkers wys hoe jy die kwashale maak.

– Gebruik goeie witsjokolade vir die beste resultate.

– Gebruik poeier-voedselkleursel; jelkleursel gaan die sjokolade laat skei.

– Laat die sjokolade behoorlik stol voordat jy dit gebruik. Ons weet jou gaste sal gons oor hierdie koek by jou volgende partytjie! Hier's ’n maklike basiese resep vir ’n sponskoek.