"Perfek. Dís somer se vrugte-oes. Perskes, waatlemoen, vye ryp van die boom, dadels nog aan hul takkies, granate wat wil-wil oopbars, hande vol bessies én altyd die nommer een: sonrooi aarbeie. Wat’s dit omtrent aarbeie wat hulle ’n trappie bo die res stel op feesdae en gewone dae? Dink net, sonder aarbeie sal meringue nooit ’n flambojante pavlova kan wees nie, en sonder aarbeie en room sal Wimbledon net nie tennis wees nie. Selfs sjampanje het ekstra vonkel met ’n enkele aarbei onder in die glas, en ‘n hand vol gee ’n gewone beker water kleur, geur en bekoorlikheid. En hier’s nog iets – warm, varsgebakte skons sal mos nooit reg smaak sonder regte botter en aarbeie in ’n stroperige konfyt nie.

"En o ja, wat sal van ons word sonder die tydige bederf van ’n aarbei-melkskommel? Aarbeie was nog altyd die groot verleier. Digters swymel oor “strawberry-flavoured kisses” en “strawberry summer days”. Ons eie Miriam Makeba was in die 60’s bekend vir die liedjie “Love Tastes Like Strawberries”, terwyl die pop-sensasie Coldplay, wat SA so pas besoek het, spog met “Strawberry Swing”, soos die Beatles destyds met “Strawberry Fields Forever”. ’n Digbundel spesiaal vir vroue verlei net met die titel A Basket of Strawberries: Poems for a Woman’s Soul!

"Met sommige parfuums maak ons dadelik ’n emosionele konneksie, want ons herken ’n tikkie aarbei. Dis dieselfde met wyn. My universiteitsjare op Stellenbosch sal ek altyd onthou óók vir die aarbeie wat ons gereeld op ‘n plaas daar naby gekoop het – R2 vir ’n mandjie wat ons self in die lande kon gaan volmaak.

"Maar die beste aarbeie wat ek nog geëet het, was op ’n snikwarm somerdag in Spanje. ’n Kardoes vol het ek gekoop. Een het ek so in die loop geproe, en toe’t ek gaan stilstaan. Net daar, om daardie sakkie heerlikheid klaar te maak. Dit was als wat ’n aarbei móét wees: soetrooi, kraakvars en vol verleidelikheid. Elke byt ’n herinnering aan en belofte van die heel beste van tye.

"Dís Barbara se groot bederf vir ons in dié uitgawe. Aarbeie (bl. 62), stap vir stap, en elke stap ’n fees!"

Groete,
Michélle van Breda

Koel feesdae
Doen dit met kreatiwiteit! Krakerige slaaigoed vir elkeen om te kies en te keur, 3 eksoties-gevulde hoenders wat saam-saam uit di oond kom en suurlemoenvars soetigheid.

3 oondgeroosterde hoendersSlaai met geroosterde aartappels, pasta-en-ertjie-slaai, gebraaide-groentamatie-en-fetaslaai

TV-kosmaker Nico Nel verklap sy boerewors-resep
Hy's 'n man van baie stories, kook deesdae op TV (kykNET) en ken van boerewors maak. En hy is nie skaam om sy sappige resep met SARIE KOS-lesers te deel nie.

Nico NelNico se boerewors

Gesond op 'n stokkie met BeweegSA
Braaivleis hoef nie meters wors, tjops, steak en ribbetjies te wees nie. Daar's 'n ander, veel gesonder manier en net so lekker. Porsiebeheer is soveel makliker met kebabs en dis die geheim.

Suurlemoen-jogurt-hoender

Toor met klapper
As ek klapper proe, voel dit asof ek op 'n tropiese eiland is. Dié klapper-gunstelinge se wonderlike geur en smaak sal dit vir jou ook doen

KlapperkoekiesKlapper-roomys-horinkies

Ontbyt-lekkerte vir diabete
Hoe klink muesli-tert, bosbessie-granola en hawermout-wafels vir jou? Annerien se aptytlike treffers sal by almal in die gesin gewild wees

Maklike kuier-resepte x 20
In die vakansie soek jy mos maklike resepte met bestanddele wat lekker saamgesels

Stokvis-bruschetta

Aarbeie - gebruik só, maak só, bak só
Tot siens aarbeie en room, hallo aarbeie en swartpeper

Mille-feuille - Franse blaardeeg met room en aarbeie

Kos van die Kaapse wynlande
Op die Franschhoekse wynlandgoed La Motte kan jy heerlik kuier en eet in die Pierneef á la La Motte-restaurant. En pas het die kosboek Cape Winelands Cuisine verskyn.

Kaapse frikkadelle

Ons proe-blog!
Ontmoet Philip Myburgh, Surfing Chef van Houtbaai, eggenoot, branderplankryer en toegewyde eko-kampvegter vir die bewaring van ons seelewe... in geen spesifieke volgorde

Philip MyburghGambas pil pil (steurgarnale met brandrissie)

Baba-groente: mooi en min moeite
Op byna elke winkelrak is daar deesdae kleiner weergawes van gewone groente. Dis voedsaam en propvol smaak... perfek vir bykos tot 'n hoofgereg

Oondgebakte baba-eiervrug op platbrodeBaba-beet-carpaccio met aspersies

Ons soek SA se beste appeltert

Ons soek SA se beste appeltert