"Ek is verslaaf aan kosprogramme op TV. ’n Groot gunsteling is Cake Boss met Buddy Valastro. Dié man maak koeke wat soos wasmasjiene en karre lyk, lewensgroot! In Mei het ek en Herman hom in Kaapstad ontmoet. Ons was voor die tyd opgewonde, maar ook skrikkerig dat hy ons gaan teleurstel met ’n tipiese celeb-houding. Toe is die Buddy wat ons leer ken sowaar die einste Buddy van TV, vriendelik en opreg.

Nog so ’n plat-op-die-aarde-sjef is Reza Mahammad, aanbieder van die program Reza, Spice Prince of India. Hy het al met bekendes en koninklikes gekuier, maar nee: sy passie vir kos is ál wat saak maak. Plaaslik het die wonderlike Jenny Morris, wat ek al jare ken, nou haar eie kosprogram, Jenny Cooks Morocco, wat wêreldwyd op Food Network uitgesaai word. Die Jenny wat ek ken, is inderdaad die Jenny wat jy op TV sien.

Geniet die TV en onthou: op die ou einde is dit die kos wat dié mense
celebs maak. Lekker eet!"

Barbara Joubert - Kosredakteur: SARIE KOS

HIER IS 'N VOORSMAKIE VAN DIE AUG-SEPT-UITGAWE

 Jogurt-enkaneelkoekies

VROLIK, VROULIK EN ROMANTIES

Jogurt-en-kaneelkoekies

 Steurgarnaal Bruschettas

15 LENTE ETES

Steurgarnaal-bruschettas

 Sjokolade-pavlova met room

FRAAI FRAMBOSE

Sjokolade Pavlova met Room

 Patat-tarte-tatin

ONDERSTEBO - SOET OF SOUT

Patat-tarte-tatin

 

GIGGELENDE LEKKERBAK

Jenny Morris

 Carmen en Bill Boltman

ONS PROE-BLOG

Carmen en Bill Boltman blog uit Namibië

 Ricotta-en-fillo-kaaskoek

PAPIERDUN EN BITTERSOET

Ricotta-en-fillo-kaaskoek

 Sampioen-en-ham-quiche

QUICHE-KEURIG

Sampioen-en-ham-quiche

 Komkommer-limonade

MOENIE KOMKOMMER NIE

Komkommer-limonade

TYD RAAK MIN! Onthou om te bespreek vir die SARIE Kos Extravaganza!