Ons kuier in hierdie uitgawe in Upington, waar dit so lekker is om te sien dat streekkos nog gewild is. Kom geniet ook ons rugbyhelde se gunsteling-geregte - ons wys Pierre se brownies, Schalk se Eisbein en Victor se hoenderpastei.

Bederf jouself op koue dae met warmsjokolade en die rykste sjokoladekoekies, om nie eens te praat van 'n ryspoeding met warm karamelsous nie ...

Ek was bly om te sien hoeveel mans vir ons tamatiesmoor-wedstryd ingeskryf het! Kyk wie die wenner is. Dis 'n besonderse resep met roosmaryn en heuning. Om hierby aan te sluit het ek een van SA se mees geliefde geregte gemaak - paptert.

Wintertyd is mos kombuistyd. Dis wanneer ek 'n suikertand ontwikkel en lus kry vir warm gebakte poedings, soos rolpoeding en fluweelpoeding. Die ander lekkerte is koejawels, wat immers bekend is as die wintervrug.

Kook, bak en kuier heerlik hierdie winter saam met SARIE KOS!

Groete,

Barbara

Varkroerbraai geskik vir diabete Koewels gebak in port Gestoofde spesery-beesstert
Jy mág dit geniet
Moenie dat diabetes jou weerhou van lekker eet nie. Ervare dieetkundige en skrywer Hilda
Lategan wys hoe
Wintervrug-warmte
Koejawels is wonderlik in stomende nageregte en troostende gebak
Kos wat liefde wys
Diaan Lawrenson en Ulla Pakendorf-Loubser (Ontbytsake op kykNET) deel 'n passie: kos.
Ulla op TV en Diaan as mede-
eienaar van 'n Overbergse restaurant. Ons wys hul gunstelinge
Schalk Burger se gunsteling eisbein Pilchard-koekies en soetpatat-mash Botterskorsiesop
'n Bok vir lekker kos
Barbara het by ons Bokke gaan loer wat hulle van die veld af
geniet
Sakpas-kos
Goedkoop, vinnige gesinsetes elke dag - onder R100
6-uur tuis, eet halfsewe
10 werksdag-etes maak jou lewe maklik
Pekeltong met appelkoos-sous Afrika-beeslvleis-kerrie Glutenvrye mieliemeel-suurlemoenkoek
Geure van die Oranje
In Upington se wêreld, daar aan die
oewer van die Oranjerivier, weet die
mense hoe skaapvleis moet smaak.
Skaapstert, skilpadjies, skaap op
die spit - en wyn daarby ...

'n Wêreld se kerries
Wintertyd bly maar kerrietyd - hoe
lyk dit met 'n pot vol? Barbara kook
uit Afrika, Madagaskar, Indië en
Thailand

Met pap, ja
Om jou dag reg te begin - 'n lekker
bord pap. Maar dit het meer om die
lyf ... soos hierdie glutenvrye
mieliemeel-suurlemoenkoek

Warm sjokolade en sjokolade koekies Heuningkoek-poeding Pofrys-horinkies en worsrolletjies
Warm van binne
Daar's smake wat jou keer op keer gekoester laat voel - warmsjokolade en sjokolade-
koekies
Poedingtyd!
Gebakte nagereg is altyd 'n lekker kouedag-troos
Bak & brou
Span die kinders in om self hul gunsteling-eetgoed te maak