"Ís ek bly die lente het aangebreek!

Dis tyd om ’n bietjie ligter te eet ná die heerlike maar swaar winterkosse. Daarvoor bly ’n wrap ’n wenner, en die lekker ding daarvan is dat jy eintlik enige vulsel binne-in kan sit. Kyk op bl. 60 wat ek in mý wraps verkies.

Die rooiwyn-roomys op bl. 36 sal ’n paar wenkbroue laat lig – rooiwyn en roomys sáám? Wag tot jy dit geproe het . . .

Iets wat my baie na aan die hart lê, is ons tipies Suid-Afrikaanse geregte. Gerrie du Toit, ons sosatie-wenner, maak die ongelooflikste sosaties! Lees op bl. 92 hoe hy sy resep ontwikkel het.

Ek is seker al die braaiers gaan van nou af sorg dat Gerrie se sosaties op hul roosters lê.

Geniet ons lente-uitgawe – en lekker kook!"

BARBARA JOUBERT, KOSREDAKTEUR

Barbara Joubert

VIR JOU DAGBOEK: Kyk vir Barbara op kykNET se Ontbytsake op Saterdag 3 Oktober 2009. Herhalings op 5, 7 en 9 Oktober 2009.

Onthou ook dat die sosatie-resepte van die naaswenners op sarie.com sal verskyn vanaf 30 September.

'N VOORSMAKIE UIT DIE LENTE-UITGAWE VAN SARIE KOS (VANAF 30 SEPTEMBER TE KOOP)

100+ RESEPTE!


Barbara se 11 beste muffins!                 Proe rabarber uit die Vrystaat   

Barbara se beste muffins

       

       

Proe die rabarber

6-uur tuis, eet halfsewe          Smulkos onder R100         

6 uur tuis, eet halfsewe

       

         

Eet onder R100

Ons maak dié resepte gesonder

Mmmmmm toffiepere! 

Rabarber en aarbeie - heerlik!

        

         

Toffiepere!

Die wen-sosaties! Kry die resep Ons soek die land se beste trifle

Die wen-sosaties

         

        

Ons soek die beste trifle in die land!

Eksotiese wraps  Hoë vesel-koekies

Eksotiese wraps

         

        

Koekies met hoë vesel