Barbara gesels oor die beste tyd van die jaar

"Nou's mos die tyd vir onthaal en lékker kook - veral vir Kersfees en Nuwejaar.
Maak vir hierdie warm swembad-dae jou eie roomys - glo my, dis makliker as wat jy dink.

Ek en Herman Lensing, SARIE se nuwe kosredakteur, het ook baie pret gehad met die menigte inskrywings vir ons trifle-wedstryd. Die wen-trifle op bl. 58 sal sekerlik vanjaar op etlike Kerstafels pryk!

"Dis nou ook die tyd vir onverwagte gaste. Op bl. 82 wys ek die vinnigste feeshappies met deli-eetgoed. Of wat van 'n yskastert? Dié treffer het lanklaas so lekker gelyk - en gesmaak - soos dié vanaf bl. 46. In die kol veral vir die sjokoliste onder ons.

"Kook heerlik, en geniet die smaaklikhede van 'n ware feestyd."

- Barbara (kosredakteur van SARIE KOS)

Sjokolade-bederf uit die yskas
Yskastert is terug! Hier's nuwe
idees vir 'n koel nagereg of 'n
dekadente teetyd - als met
sjokolade.

Drielaag-sjokolade-nagereg
(foto links)

Klapperys Raak soet!
Nougat, klapperys, sjokolade-
truffels ... maak 'n slag lekkers
vir die gesin of as geskenk.

Klapperys (foto links)

Spinasie-gevulde varklies So veelsydig
Heerlike, sappige varklies kan
vir als van 'n Kersonthaal tot
ligte middagetes voorgesit word.

Spinasie-gevulde varklies
(foto links)

Appel-en-fetakaas-slaai met kruisement

Koel kruisement
Gebruik dié krui in als van sop
tot brood ... en geniet die groen
geur.

Appel-en-fetakaas-slaai met
kruisement
(foto links)

Die wen-trifle Wen-trifle vir Kersfees
'n Besonderse bederf met
oondgeroosterde perskes -
hier's Myrna Klerck van
Muckleneuk, Pretoria, wenner
van ons wedstryd, se resep.
Griekse ratatouille

Vegetariese vakansie
Geregte sonder vleis is alles-
behalwe vervelig. Dis heerlike,
gesonde kuierkos.

Griekse ratatouille (foto links)

Koue beetsop Beet, beter, beste
Verby is die dae van net
gepekelde beet eet.
Daar's soveel meer wat jy met
hierdie gesondrooie
heilsaamheid kan doen.

Koue beetsop (foto links)

Baba-aartappels met hoender-repies

6-uur tuis, eet half-7
3 weke se smaaklike etes vir
wanneer die huiskok se doen-
lysie oorlaai raak.

Baba-aartappels met hoender-repies
(foto links)

Kersfees-glaskoekies Bak & brou
Koekies vir die Kersboom
en kaaspoffertjies as geskenk.

Kersfees-glaskoekies (foto links)

Vanielje-semifreddo-blokkies met vars vye Kortpad-roomys soos jý dit maak
Dié koue lekkertes - almal Italiaanse
semifreddo - is baie eenvoudig om
te maak, sónder 'n roomysmasjien.

Vanielje-semifreddo-blokkies met
vars vye
(foto links)