Is daar ’n groter bederf as ’n Kerstafel vol heerlike kos en ’n soetigheid agterna? Vanjaar kan jy reeds in November aan só ’n tafel sit!
Nie net gaan SARIE se kosredakteur, Herman Lensing, vir jou kook nie. Die eksklusiewe okkasie gaan ook op die stel van Kokkedoortjie in Kaapstad plaasvind.
Jy gaan ook die sterre van Suidooster kan ontmoet en die gewilde sepie se stel besoek.
Waarna kan jy uitsien?
’n Feestelike geleentheid met goeie kos, goeie wyn en goeie geselskap. Boonop kry jy ’n spesiale SARIE-geskenkpak en al die resepte van die geregte wat voorgesit is – net betyds vir jou eie Kersete in Desember!
Wat moet jy weet?
Daar gaan vier eksklusiewe geleenthede wees met plek vir 70 gaste elk.
WANNEER:
Donderdag 22 November 2018 om 19:00
Vrydag 23 November 2018 om 19:00
Saterdag 24 November 2018 om 18:00
Sondag 25 November 2018 om 13:00
WAAR: Die kykNET-Kokkedoortjie-stel, Atlantic Studios in Milnerton, Kaapstad.
KOSTE: R590 p.p., alles ingesluit. Koop jou kaartjie hiér.
Vir navrae stuur ’n e-pos aan Anene de Klerk by Anene.deklerk@sarie.com.
Herman, SARIE KOS en Checkers, in samewerking met Spekko, IMBO, Robertson Winery en die Institute of Culinary Arts, maak dit vir jou moontlik om by een van 4 eksklusiewe geleenthede aan ’n feestafel te kom sit.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET