Daar is deesdae ekstra wip in Mareli Visser se grys Tintin-kuifie. Haar energievlakke ken geen perke nie. Man, sy is vyfuur soggens in die gimnasium. En 30 kg ligter. Mense op straat kyk, kyk weer ... en besluit nee, sy lýk maar net bekend. So vaagweg na Mareli, boorling van Douglas in die Noor-Kaap. Die wenner van kykNET se eerste Koekedoor-reeks en bobaasbakker van die Via-bakprogram Die Koektannie.

Koek se soet vreugdes is waarvoor sy bekend is, maar self sit sy nie meer haar mond daaraan nie. Sy besing eerder die voordele van die ketogeniese (keto-) eetplan: ’n Hoëvet-dieet met bloedmin koolhidrate (minder as 20 g), dus suiker en stysel.

View this post on Instagram

Thanks @safaridriedfruitnuts for a awesome #safarihalfmarathon2019 #nomoreavirgin

A post shared by Mareli Visser (@diekoektannie) on

Mareli se keerpunt het ’n jaar terug gebeur. “Op 6 Februarie verlede jaar het ons teruggekom van ’n vakansie in Amerika, ook ’n week lange vaart op ’n skip. Ek het die skaal op 101,2 kg vasgetrap, swaarder as toe ek swanger was met Mila, 12, en Cilliers, 16. Ek hét vantevore gewig probeer verloor. Dié keer was my kop egter reg. Jy moet ’n wilsbesluit neem, daarsonder kan geen pil of poeier jou help nie.”

Mareli se keto-brood

Heerlik! Mareli sit gis in die brood – nie om dit te laat rys nie, maar om dit ’n tipiese broodgeur te gee. Dit smaak op sy beste afgekoel en dan ’n paar minute gerooster in ’n broodrooster.

genoeg vir 1 brood

  • 80 g (125 ml) sonneblomsaad
  • 45 ml botter
  • 6 groot eiers
  • 1,25 ml kremetart
  • 1 pakkie kitsgis
  • 125 ml louwarm water
  • 10 ml psillium (psyllium husks)
  • 145 g (375 ml) amandelmeel
  • 40 g (60 ml) chia-saad
  • 15 ml bakpoeier
  • 1,25 ml sout

Verhit oond tot 180 °C. Voer ’n broodpan van 20 x 12 cm uit met bakpapier. Spuit met kleefwerende kossproei. Braai sonneblomsaad in botter tot goudbruin en laat afkoel. Skei eiers. Klits al die eierwitte en kremetart tot mediumpunt-stadium. Meng kitsgis, water en psillium. Meng amandelmeel, chia-saad, bakpoeier en sout. Gooi 3 van die eiergele by die amandelmeelmengsel. Gooi sonneblomsaad en gismengsel by amandelmeelmengsel en meng goed. Vou eierwitte by beslag in. Skep in broodpan en bak 35-40 minute tot goudbruin en gaar. Laat effens afkoel en trek bakpapier af. Bêre in yskas en sny soos benodig. Rooster minuut of twee in broodrooster en geniet met botter. 

keto-brood
Keto-brood FOTO Wilem Lourens

Wil jy ook gesonder wees en die kilo's laat wegsmelt?

Skryf nou in vir Gesonder met SARIE.

Ons nuwe webtuiste, Gesonder met SARIE, is ’n aanlyn platform wat jou nie net sal help om die kilo’s af te skud nie, maar jou ook inspireer om gesonde laekoolhidraat-eetgewoontes ’n langtermynkeuse te maak. Ons wil die manier hoe jy kos koop en jou maaltye beplan, verander.

Die aanlyn program bevat heerlike resepte, inkopielyste, weeklikse eetplanne en als wat jy moet weet oor ’n laekoolhidraat-leefstyl.

Die oomblik wat jy inteken, kry jy toegang tot die hele Gesonder met SARIE-plan, wat jy van jou rekenaar of enige mobiele toestel met internettoegang af kan oopmaak. Dis nie nodig om ’n app af te laai nie. Begin eenvoudig by Week 1, Dag 1 en volg die plan daagliks – vir ’n gesonder jy in net 6 weke!

TEEN R499 KRY JY DIE VOLGENDE:

  • ’n Weeklikse inleiding wat verduidelik wat in die week vir jou voorlê – met uitstekende raad en wenke om jou aan die gang te kry

  • ’n Weeklikse inkopielys

  • ’n Weeklikse eetplan en resepte (in Week 1 kry jy bv. ’n resep om murgpampoentjiepasta en lamskerrie met minder koolhidrate te maak)

  • Die lys van kossoorte wat jy mag en nie mag eet nie

  • Jou eie maaltydbeplanner

  • 12 paleo-resepte

Gebruik die koepon #Gesonder2020 by die betaalpunt en kry 20% afslag! 

Vir meer inligting en om in te teken, besoek www.gesondermetsarie.com