Saterdag trou prins Harry en Meghan Markle! Wees deel van die koninklike feesviering deur jou eie kyk-partytjie by die huis te hou. 

SARIE het spesiaal vir jou verskillende spyskaarte en temas saamgestel waaruit jy kan kies. 

Gaan jy ’n rooifluweel-fees of tradisionele kroegete hou, of jou gaste bederf met ’n kaasbord vir konings?

Kies jou spyskaart, nooi jou gaste en deel Saterdag jou foto’s met #SARIEkuier.

Hou so ’n kyk-partytjie:

BBC Lifestyle (DStv-kanaal 174) se regstreekse uitsending begin om 10:25.

Indien jy nie ’n DStv-intekenaar is nie, kan jy jou skootrekenaar koppel aan jou televisiestel en die troue op Sky News volg. 

Volgens die voorlopige tydlyn gaan trougaste vanaf 10:30 by die Windsor-kasteel aanmeld. Die koninklike gaste sal vanaf 12:30 arriveer. Meghan sal teen 12:59 haar verskyning maak, waarna die troue om 13:00 sal begin. Meghan en Harry sal teen 14:00, na afloop van die seremonie, op ’n koets deur Windsor se strate ry. 

Nooi jou vriende

Stuur vir jou vriendinne ons SARIE-uitnodiging, en laai hierdie onderstaande kaartjie af en skryf jou gaste se name daarop.

(Klik regs op die prentjies en klik "Save As". Stoor dit op jou rekenaar om op Facebook te laai of uit te druk.)

Kies jou resepte

Is jy lus vir ’n ordentlike ontbyt of wil jy eerder jou gaste verras met ’n unieke Britse kaasbord? Loer hier na die opsies, kies die een wat jou sak, aptyt en smaak die beste pas, en klik op die artikel vir die volledige spyskaart.

Engelse ontbyt met Amerikaanse flair

Skons

Ontbyt-pastei

Gevulde aartappels met spek

Amerikaanse ontbytwafels

Britse soldate (sagte eiers met bros parmesaan)

Klik hier vir die resepte

Hou ’n rooifluweel-fees

Pannekoeke met roomkaas-sous

Tradisionele koek

Kaaskoek-brownies

Roomys

Whoopie-pies

Madeleines

Klik hier vir die resepte

Skep ’n Britse kaas-buffet

Klik hier vir die resepte

Hier's resepte vir ’n tee-party!

Suurlemoenmousse

Sjokoladeskons

Oondgeroosterde soetpampoentertOop geroosterde spekbroodjies

Murgpampoentjie-omelet met gerookte forel

Gerookte snoek in filodeeg

Klik hier vir die resepte

Maak ’n Britse kroegete!

Steak-en-parmesaankaaspastei

Vis-en-tjips

Varkworsies met korrelmosterd-kapokaartappels

Lamskenkel-pastei

Maalvleis-quiche

Klik hier vir die resepte

SARIE se lekkerste "cocktail"-resepte vir na die seremonie:

Klik hier vir die resepte

Vir die kinders:

Komkommer-stapels (links) en koek-tiaras (regs) [Uit: SARIE Partytjie 2014]

Koek-tiaras

Wat is ’n prinses sonder haar kroon? Die tiaras verg ’n bietjie moeite, maar die kinders sal dit so geniet.

genoeg vir 8

155 g (170 ml) botter

280 g (500 ml) koekmeel plus ekstra vir uitrol

110 g (125 ml) strooisuiker

60 ml yswater

1 plastiek-tiara – kry by speelgoedwinkel

1 eierwit

130 g (250 ml) versiersuiker

2 kleure koekkleursel

versiersuikerblomme

Verhit oond tot 180 °C. Plaas botter, meel en suiker in voedselverwerker en pols by hoë spoed tot tekstuur van fyn broodkrummels. Gooi yswater geleidelik by terwyl menger loop tot alles in een bal saamkom. Rol deeg op meelbestrooide oppervlak uit tot sowat 5 mm dik. Gebruik die plastiekkroon en rol dit oor die deeg om die patroon van die kroon af te druk in die deeg. Sny met ’n skerp mes rondom die kroonpatroon. Herhaal tot jy 8 deegkrone het. Spuit die buitekant van ’n ronde koekpan van 20 cm goed met kleefwerende kossproei. Plaas een deegkroon op die pan se rand sodat dit in ’n halfronde vorm kan bak. Plaas die pan op sy sy in die oond – laat dit staan tussen die speke van die oondrak. Bak 8 – 10 minute of tot goudbruin. Laat afkoel op pan en haal versigtig af.Herhaal met res van deegkrone. Meng eierwit en versiersuiker saam tot gladde mengsel. verdeel in twee dele en kleur soos jy verkies. Skep mengselin spuitsak met 1 mm tuit en versier tiaras soos jy verkies. Plak eetbare blomme op kroon vas. Laat staan 1 uur tot versiersel hard is. Sit voor.

Komkommer-broodjies

Maklik om te maak en heerlik daarby.

genoeg vir 8

16 snye witbrood

1 x 350 g-houer roomkaas met sprietuie (chives)

1 komkommer, in 32 skywe gesny

1 x 30 g-houer sprietuie, fyngekap

sout en varsgemaalde swartpeper

Gebruik ronde koekiedrukker van 2 cm in deursnee en sny 3 sirkels uit elke sny brood. Smeer die eenkant van elke broodsirkel met bietjieroomkaas. Plaas skyf komkommer bo op eerste broodjie se roomkaaslagie en geur goed met sout en peper. Smeer bietjie roomkaas op. Plaas tweede broodjie bo-op met oom kaaslagie na bo. Plaas nog 1 skyfkomkommer bo-op, geur goed, en dan laaste broodjie met roomkaas na onder. Maak nog sulke broodjies met res van bestanddele. Sprinkel sprietuie bo-op en sit voor.