Die gewilde Suid-Afrikaanse sjef en TV-aanbieder Siba Mtongana se oudste seun is vanjaar graad een toe, en nes ander ma’s moet sy nou aan slim idees dink sodat haar Lonwabo al sy kos by die skool sal opeet.

Gelukkig vir ons deel sy elke oggend foto’s van haar grootman se kosblik op Instagram. Dit lyk nie net heerlik nie, maar ook gesond en maklik. Dikwels gebruik sy van die vorige aand se oorskietkos.

Siba, haar man, Brian, en hul oudste seun, Lonwabo. FOTO Instagram / Siba Mtongana

Siba hou by gesonde kos met net een of twee soethappies daarby. Lonwabo sit handjie by om sy kosblik te pak. 

Gebruik dié "Sibalicious"-idees vir jou kind se kosblik, of selfs jou eie!

Maandag

Inhoud: Ham-en-kaastoebroodjie, mini-goudawieletjie, druiwe, jogurt, piesang, twee koekies en bottel water.

Siba
FOTO Instagram / Siba Mtongana

Kyk die volledige inskrywing hier.

Dinsdag

Inhoud: Ham-en-kaas-wrap, waatlemoen, druiwe, mango, jogurt, sakkie springmielies en bottel water.

FOTO Instagram / Siba Mtongana

Kyk die volledige inskrywing hier.

Woensdag

Inhoud: Oorskiet-spaghetti-en-frikkadelle, perske, bloubessies, kiwi, jogurt, soetkoekie en bottel water.

FOTO Instagram / Siba Mtongana

Kyk die volledige inskrywing hier.


Donderdag

Inhoud: Broodrolletjie met tunamayonnaise, mielie, wortels, druiwe, rystjippies, jogurt en bottel water.

FOTO Instagram / Siba Mtongana

Kyk die volledige inskrywing hier.


Vrydag

Inhoud: Maalvleis, hardgekookte eier, wortels, drie snye Franse brood, perske, koekie en bottel water. 

FOTO Instagram / Siba Mtongana

Kyk die volledige inskrywing hier.


Maandag

Inhoud: Hoender-en-mielie-pastaslaai, druiwe, aarbeie, bloubessies, gebakte tjippies en pretzels, jogurt en bottel water.

FOTO Instagram / Siba Mtongana

Kyk die volledige inskrywing hier.

Dinsdag

Inhoud: Oorskiet-pasta-frittata, druiwe, mango, aarbeie, jogurt, koekie en bottel water.

FOTO Instagram / Siba Mtongana

Kyk die volledige inskrywing hier.

Woensdag

Inhoud: Visvingers, eier, blokkies kaas, pynappel, kiwi, donkersjokolade-en-vrugtebolletjies, tjippies, jogurt en bottel water.

FOTO Instagram / Siba Mtongana

Kyk die volledige inskrywing hier.

Donderdag

Inhoud: Frikkadel-snoeptamatie-en-kaassosaties, wortels, druiwe, perske, bloubessies, jogurt en water. 

FOTO Instagram / Siba Mtongana

Kyk die volledige inskrywing hier.

Vrydag

Inhoud: Ham-en-kaas-pastaslaai, gebraaide mielie, peer, appel, ryskoekie met donkersjokolade, jogurt en bottel water.

FOTO Instagram / Siba Mtongana

Kyk die volledige inskrywing hier.

Volg Siba op Instagram om elke dag se kosblik te sien. 

Soek jy nog kosblik-idees?

Hier is ’n paar resepte uit die SARIE-spens. Klik hier.