Loer hier onder na 2019 se grootste kos-tendense, en kyk of jy die gemene deler kan raaksien:

1. Die plant-revolusie

Die uitsny van diereprodukte uit jou dieet, is een van 2019 se grootste tendense. Dae, weke en selfs ’n maand word aan die veganistiese dieet gewy. Dink maar aan die maand lange Veganuary-veldtog of dae soos “Meatless Mondays” en “Flexitarian Fridays” wanneer nuuskierige omnivore net plantkos eet.

Een van die gewildste plantkosse is die avokado. Dié wondervrug word gebruik as hoofbestanddeel in byna alles – van kleurryke poke-borde, vegetariese taco’s en burgers, tot heilsame slaaie.

2. Roomys op ’n nuwe manier

Roomys kom nie net meer in tradisionele soet geure soos sjokolade of aarbei voor nie. Ook avokado’s word nou gevries en in yskoue lekkerte omtower! Een van die jaar se nuutste kos-trends is gevriesde avokado-en-sout-roomys.

Bestanddele soos hoemoes, klapperwater, wasabi en avokado word saam gemeng en dan gevries as ’n verfrissende ysstokkie, of voorgesit as ’n interessante toevoeging tot uithalergeregte.

3. Keto

Dié nuutste dieetgier fokus op minimum koolhidrate en ’n verskeidenheid vette – soos klapper, botter, neute en natuurlik, avokado.

“Gesonde” plantaardige en onversadigde vetsoorte word nou omarm as ’n sleutelbestanddeel vir gewigsverlies, gesonde veroudering en breingesondheid. Avokado’s is ook ryk aan mono-onversadigde vet wat verbind word met goeie cholesterol.

4. Geriefskos

Geriefskos en gesonde kitskos is een van 2019 se prominentste kos-trends. Mense wil kos eet wat vars is, klaar berei, gesond en sonder die gewraakte plastiekverpakking.

’n Terugkeer na vrugte en groente as ’n min-moeite-maaltyd vind plaas, met avokado’s wat direk uit die skil geëet word – as ontbyt, middagete en selfs aandete! 

Ongeag die trend – avokado’s sal nooit uit die mode gaan nie. So, sluit ’n avokado in!

Vir heerlike avokado-resepte, besoek www.avocado.co.za, volg ons op Facebook @iloveavocadoSA, Twitter #iloveavos en Instagram @iloveavossa