My kos

Ma, stuur gesonde kos skool toe

Brood vir energie
Hou hongerpyne langer weg met volgraan-bruinbrood met ’n lae GI van Sasko. Dis boonop propvol vesel.

Lekker vir die kosblik
Gee jou immuunstelsel ‘n hupstoot met Well B-jogurtdrankies van Parmalat. Dis vol immunofit-kulture. Beskikbaar in pakke van 6 teen sowat R17,99 per pak.

Kies die een of die ander
Gebruik óf Bovril óf Marmite vir die Marmite-tert. Jou kinders sal beslis vra vir meer.

Mango vir skool
Gedroogde mango is ‘n lekker happie in enige kosblik. Dié mango-stukke is heerlik en sag. R15,95 vir ‘n 125 g-pakkie by Woolworths.

Kortpad
Koop dié stokkies as jy nie tyd het om stokkie-frikkadelle te maak nie. R39,95 vir 16 by
Woolworths.