Haar beste geskenk is ’n handgeplukte blom. “Dit wýs mos iemand het aan my gedink.”

Só sê Jenna Pietersen, deeltydse model, landskapsargitek en ma van Ruby (6). Sy omring haar met plante en diere. “Dit is soos meditasie.”

Kleintyd het sy al saam met haar ouers kwekery toe gegaan en in die tuin gewerk. Sy en haar broer het op laerskool selfs hul eie groentetuin gehad.

Vandag is tuinmaak by haar huis in Tamboerskloof, Kaapstad, haar “terapie”. In haar agterplaas het Jenna ’n tuinier se paradys geskep uit groente, kruie en fynbos – ’n getuienis dat mens in ’n stedelike omgewing ook ’n volhoubare en stadige leefstyl kan geniet. 

“Ek raak opgewonde as ek ’n erdwurm sien. As ek in die grond woel, leef ek in die oomblik.”

“Ek wil Ruby ook leer om die natuur te respekteer, om daar stil te word.”

The Duchess se nuwe handvervaardigde Greenery Alcohol-Free G&T is geïnspireer deur tuinbestanddele soos roosmaryn, lemmetjie en komkommer.

Dis vir mense wat in die natuur verkwik word, dus was Jenna die natuurlike keuse om by hul bekendstellingsveldtog te betrek.

Loer hier na die video: