Maggie Pepler, wat as Suid-Afrika se 'moeder van malvapoeding' bekend was, het op die ouderdom van 87 gesterf, berig Die Burger.

Maggie was 'n kranige kok en bakster en het vir die Suid-Afrikaanse ambassades in Londen én Parys gekook. Voor dít het sy in 'n paar restaurant-kombuise, ondere meer by die Lanzerac-hotel en die Volkskombuis-restaurant in Stellenbosch gewerk.

Die koskenner Michael Olivier sê Maggie het die oorspronklike malvapoedingresep in 1979 by die Boschendal-landgoed aangebring. Sy het by dié landgoed as sjef gewerk en hy as hotelbestuurder.

VIDEO: Barbara gesels met Kokkedoor se Tannie Poppie

Maggie het glad nie formele opleiding gehad nie en het haarself leer kosmaak. Sy het die afgelope vyf jaar in die Utopia-tehuis in Stellenbosch gewoon en is Saterdag, 14 September, aan hartversaking oorlede.

Bron: Die Burger