Boo Radley’s, Kaapstad se nuutste, stylvolle bistro en kroeg het onlangs hul deure laat oopswaai in Houtstraat. Die restaurant word begrens deur Kasteel-, Lang- en Houtstraat en vorm deel van ’n nuwe kuns, kultuur, kos en vermaak-bymekaarkomplek in die hartjie van die Kaap. Dis ontwikkel saam met die opening van die Grand Daddy Hotel en New Space Theatre en het gereeld lewendige musiek, en deeltydse akteurs, komediante, en sangers om honger kliënte te vermaak.

Hul kos is geïnspireer deur die befaamde grill rooms vant Parys, New York en Chicago. Franse uiesop, Waldorf-slaai, filet en sjokolade-brownies is maar ‘n paar van die disse wat op jou wag. Daar is ook ’n toebroodjie-spyskaart vir middagete en selfs teater-maaltye wat presies rondom vertonings beplan word sodat jy niks van die aksie misloop nie.

Gaan maak 'n draai by Houtstraat 62.

Die restaurant is Maandae-aande gesluit. Middagete en aandete word van Dinsdag tot Sondag bedien. Skakel: 021 424 3040 om te bespreek of besoek www.booradleys.co.za vir meer.

Kliek op die skakel om na die spyskaart te kyk http://www.booradleys.co.za/our-menu/