Wilma van der Bijl, beskermer van die Rooikruis Kinderhospitaal, nooi almal Saterdag 24 Oktober na 'n show soos min wanneer akrobate van die Zip Zap-sirkus in Kaapstad en sjef Wynand du Plessis hul ding doen vir die Rooikruis Kinderhospitaal. En jy kan deel wees van dié spesiale aand deur 'n kaartjie te bespreek aan die feestafel. 

Jolette Odendaal, bekende sangeres en aktrise in André le Roux se Op die Vrou Af 2, sal sorg vir 'n opwindende vertoning saam met die Zip Zap-akrobate - in ware Moulin Rouge-styl. Soli Philander en Pedro Kruger probeer sweefstokkuns. En die SA Jeugkoor sal vir nog hoendervleis-oomblikke sorg.

Tafels van 10 is beskikbaar @ R500 per persoon. Bespreek by Computicket.