Met Proe die lekker, Kos-inspirasie uit SARIE nooi Barbara Joubert almal saam op ’n smaakreis deur haar koswêreld. Barbara kook uit haar hart. Hierdie versameling van haar allergunstelinge deur die jare is soos ’n spieël van haar gulhartige onopgesmuktheid. Elke resep is ’n tree op die kosreis verlede toe en terug na vandag: van gister se tamatiebredie, pampoenkoekies en soetpatat tot vandag se kos vir besige dae. En poeding! Bestel jóúne vandag nog.