Spaghetti puttanesca (Genoeg vir 2 mense) Die storie word vertel dat die dames van die nag in Italië glo dié gereg berei het en ’n bak daarvan op hul vensterbanke geplaas het. Die geur het die kliënte nadergelok . . .

  • 250 g spaghetti
  • 10 ml olyfolie
  • 2 knoffelhuisies , fyngekap
  • 6 ansjovis-filette
  • 2 brandrissies, fyngekap
  • 15 swart olywe, ontpit
  • 1 blik kersietamaties
  • hand vol basiliekruidblare
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • parmesaankaas
  1. Kook spaghetti soos op verpakking aangedui. Dreineer en hou eenkant.
  2. Verhit olie en braai ansjovis, knoffel en rissies saam. Voeg olywe by en braai liggies. Voeg tamaties by en laat stadig prut vir 10 – 15 minute.
  3. Skeur basiliekruidblare en voegby.
  4. Skep die spaghetti in die sous en meng alles deur. Geur met sout en peper.
  5. Sit voor met parmesaankaas.