Die eerste kosgier van 2020 het sy kop uitgesteek en dit behels die nederige bakkie graanvlokkies wat ons soggens vir ontbyt eet.

Volgens die New York Magazine se Grub Street is die nuutste gier om ysblokkies by jou ontbytgraan se melk te gooi voor jy daaraan smul.

Gene Simmons, lid van die groep Kiss, het op 2 Januarie ’n foto getwiet van hom wat ysblokkies by sy ontbytgraan gooi.

“Gooi nog iemand ysblokkies by hul graanvlokkies?” het hy op die sosialemedia-platform Twitter gevra.

Die vraag het gou soos ’n veldbrand versprei. En Grub Street meen dit is dalk net nog ’n gier ... Party gebruikers het gegril, ander het erken dat hulle al vir jare hul ontbytgraan so eet. 

Sal jy jou Rice Krispies só eet?