Koekedoor, ’n handelsmerk-uitbreiding van die gewilde program Kokkedoor, verskyn binnekort op die kassie.

Dié keer soek hulle die land se beste en veelsydigste bakker. Maak jou gereed vir die lekkerste bakgoed soos brood, koek, soetgoed, pasteie en terte.

Koekedoor begin op 12 Maart 2015 om 20:30 op kykNET DStv kanaal 144.

Só lyk die beoordelaarsKoekedoor beoordelaars

Mari-Louis Guy Dié ma van drie het nie net al oor die wêreld heen gebak en brou nie, maar is ook bekend as kosstilis en koek-ontwerper, en kosskrywer en -blogger. Sy en haar broer Callie het saam suksesvolle resepteboeke soos Koeke ter viering van liefde en lewe (2009) Markdag (2012) en Onthaal op groot skaal (2013) uitgegee.

Tiaan Langenegger is aan TV-kykers bekend as een van die wenners van Kokkedoor 1.  Hy het sy patisserie-sjefdiploma by City & Guilds met 'n cum laude verwerf. Van die ouderdom van 16 kook Tiaan die land aan die brand en hy het al verskeie kompetisies gewen. Hy en sy Kokkedoor-maat, Mynhardt, is ook die aanbieders van die gewilde program Makietie op kykNET.

Elizabeth Cloete is vandag een van die 4 beoordelaars op die VLVK se beoordelaars-paneel. Sy het ‘n BSc-graad aan die Universiteit Stellenbosch behaal en haar loopbaan begin as biologie-onderwyser. Nadat sy en haar man hul familieboerdery by Kraaifontein oorgeneem het, het Elizabeth met VLV-kursusse begin.