Sushi is kosmopolities, verslawend en heerlik. Of jy nou daarvan hou of nie, hier is paar interessante feite.

1. Straatkos

Oorspronklik was sushi nie duur, gesofistikeerde kos nie. Nee, dit was sommer ’n goedkoop en vinnige versnapering wat met die hand geëet kon word en slegs op straat beskikbaar was. Dit was die nadraai van die aardbewing in 1923 in Japan wat sushi na binne gebring het. Die aardbewing het baie verwoesting in Tokio gesaai wat veroorsaak het dat die pryse van eiendom geweldig gedaal het. Dít het gemaak dat sushi-sjefs eindelik geboue kon bekostig. 

2. Met die hand

Getrou aan die oorsprong, is mens veronderstel om sushi met die hand te eet. Eetstokkies is gewoonlik net gebruik om sashimi (snye vars rou vis) mee te eet. 

3. California roll

Die allerbekende “California roll” is ’n Amerikaanse toevoeging tot sushi.  

4. Betekenis 

Die term sushi het oorspronklik verwys na ’n vorm van gefermenteerde rys wat gebruik is as ’n metode om vis te preserveer in Suidoos-Asië. Die rys was gebruik om die vis in toe te draai en te help met die proses van umami (’n unieke suursmaak). Nadat die fermentasie proses voltooi was, is die rys weggegooi en slegs die vis geëet. Vanaf Suidoos-Asië het hierdie proses versprei na die suide van China en daarna na Japan, waar dit uiteindelik ontwikkel is tot die sushi wat ons vandag ken en lief het. 

5.  Voorkeur 

In die Weste is sushirolle die gewildste vorm van sushi, terwyl die Japanese eerder nigiri verkies. Nigiri is ’n stuk vis wat met die hand bo-op ’n strook rys gedruk word. 

KOS
FOTO Unsplash

6. Sojasous

Tradisioneel moet die rys nie in sojasous gedoop word nie, aangesien dit nie goeie etiket is nie. Slegs die vis is veronderstel om in sojasous gedoop te word. As jy jou nigiri in sojasous wil doop moet jy dit dus omdraai. 

7.  Gevaarlik

Fugu, ’n Japannese poffervis, word beskou as die mees bekende tipe sushi. Dit bevat wel ’n dodelike hoeveelheid gif. So as die sjef dit nie reg voorberei nie kan hy sy kliënt vergiftig. Alle sushi-sjefs in Japan moet streng opleiding daarvoor ondergaan en gesertifiseer word om sashimi van hierdie vis te maak. Na hulle opleiding moet die sjefs hul finale produk eet.

Vir eeue lank het die landswet die keiser verbied om fugu te eet, aangesien die risiko te groot was.  

8. Goed opgelei

Sushi-sjes is van die beste opgeleide sjefs in die wêreld. Aanvanklik het hulle 10 jaar se opleiding benodig, voor hulle ’n sushi-sjef kon word. Deesdae het sushi-sjefs slegs twee jaar se opleiding nodig voor hulle kan begin werk. 

9. Seewier

Makizushi, beter bekend as maki, word nie altyd in seewier gerol nie. Hoewel dit vir Westerlinge die mees bekende vorm van Maki is. Maar in Japan word makizushi soms in komkommer, eier of sojapapier toegedraai. 

10. Etiket

Die vermorsing van sojasous is baie slegte etiket. Giet ’n klein hoeveelheid sojasous in jou bakkie en vul dit op soos nodig. 

11. Wasabi

Die wasabi wat in meeste restaurante voorkom word nie beskou as regte wasabi nie. Dit is ongewoon om die ware Jakob buite Japan te vind. Wasabi, soos ons dit ken, is dikwels ’n kombinasie van peperwortel en mosterdpoeier wat groen gekleur is. 

KOS
FOTO Unsplash

Bronne: Sushi Counter, Trip Savvy, Thrillist