Van regs bo

Tagliatelle
Dis beskikbaar in gewone en spinasie- weergawes. Ideaal vir die stadiggeroosterde tamatie-en-3-kase-gebak. Ook lekker saam met ‘n vleissous.

Farfalle
Ook strikdaspasta genoem. Die naam kom van die Italiaanse woord vir ‘skoenlapper’. ‘n Goeie pasmaat saam met die meeste souse en veral in slaaie en soppe.

Spaghetti
Die bekendste van almal, genoem na ’n stringetjie tou. Dis een van die oudste en veelsydigste pastas en is geskik vir enige soort sous.

Gnocchi
Dié pasta-nefie van aartappel-gnocchi het ’n geriffelde oppervlak en is hol soos ’n skulp. Dit word tradisioneel saam met tamatie-souse, pesto en kaas bedien.

Ditaloni Lisci
Kort silinderpasta soos dié kan jy gebruik vir die geblikte tuna met gebarste tamatie-sous op. Dis ook heerlik in hartlike soppe soos minestrone.

Cannelloni
Dié buise is gebruik vir die partytjie-lasagne. Tradisioneel word hulle gevul met ricotta-kaas en spinasie.

Fusilli
Dié lang skroefies, ook in rooi en groen beskikbaar, is geskik vir die meeste souse en werk goed in slaai. Die naam beteken ‘geweer’ in Italiaans.

Linguini
Dié pastasoort (ook in volkoring beskikbaar)is plat en smal. Dis lekker saam met ’n verskeidenheid souse. Kies dit ook vir slaaie en roerbraaigeregte.

Tortiglioni
Gebruik dié breë buise met riffels saam met dik, ryk en bonkige vleissouse, én in gebakte pastadisse.

Pipe Rigate
Dit sal goed werk saam met 'n tamatiesous. Die sous gaan lê lekker in die holte van die kort, vet buisie.

Gemelli
Dié pasta, ‘n stringetjie styf om homself gedraai, kry sy naam van die Italiaanse woord vir ‘tweeling’.