Tuiskos

Goue dou
Probeer die nuwe geel Sweet & Sour Goldew Peppadews™. Hulle is soetsuur, maar brand glad nie… definitief die proe werd. Dit kos sowat R18 vir 400 g by supermarkte.

Kekerertjies
Lekker om altyd in jou spens te hou: Kekerertjies (chickpeas) is heerlik in slaaie of fyngemaak, soos in die kekerertjiepatee. Pick n Pay s’n kos sowat R7 vir 400 g.

Uit die skulp
Gebruik gerookte oesters soos dié van John West vir die oester-enroomkaas- patee. Dit kos sowat R15 vir 85 g by supermarkte, in olie of water.

Vinnige vissies
Ansjovis-filette is baie gewild in Mediterreense kos. Dié vissies smelt sommer weg as jy dit gaarmaak saam met ander bestanddele. Gebruik Mayfair s’n in die swart olyftapenade.
Dit kos sowat R18 vir 50 g by supermarkte.