Die Bihari-groep spesialiseer in Noord-Indiese disse. Dit word deur gekwalifiseerde sjefs uit Indië in tandoor-oonde op warm kole gaargemaak. Daar is 7 soorte liplek-naanbrood en kebabs om van te kies, asook ’n verskeidenheid lam-, hoender- en viskerries wat wissel van matig tot lékker warm. Die restaurant het ook ’n private wynkelder, ’n lekkersit-area, ’n vuurherd en ’n private funksie-area. Word sommer ordéntlik lus – kyk na die spyskaart aangeheg.

Daar is nog Bihari-restaurante in Tokai by die Westlake Lifestyle-sentrum en in Vishoek se hoofweg.

http://www.bihari.co.za