Die kombinasie van wyn en kos is eeue oud. Maar die nuwe trend is om verskillende soorte biere met verskillende kosse te kombineer.

Bier het die oudste geskrewe resep tot op datum, en is ook die 2de gewildste drankie naas tee in die wêreld. SAB het SARIE onlangs genooi vir 'n bier-en-kos-passing in Nuweland, Kaapstad. En wat 'n verrassing was die biere en die kos deur die bekende Pete Goffe-Wood!

Ek bedoel, wie het nou gedink dat Black Label sterk vrugtegeure bevat, met piesang-geure as oorheersend. (As jy my nie glo nie, probeer self.)

Behalwe dat dit so 'n gewilde drankie is, is bier ook tot 'n mate gesond. Dis 'n ryk bron van die vitamien-B-groep - niasien, B2, B6, B9 en B12. Bier is ook 'n bron van oplosbare vesel uit die selwande van gars (die hoofbestandeel in bier). Dis bewys dat 500 ml bier per dag, wat 'n aanbevele 10% oplosbare vesel bevat, cholesterolvlakke verlaag. So ... gebruik jou 5 sintuie en beleef, bietjie vir bietjie, die regte bier by die regte kos. Dis lafenis! (En dalk nie 'n slegte idee om hierdie vakansie 'n bier-en-kos-passing saam met vriende te geniet nie.)
SAB se wenke om kos en bier te pas

*Bier en kos pas meestal die beste bymekaar as hulle 'n aroma- of geur-element deel.

*Pas die sterkte van die bier by die sterkte van die kos.

*Jy kan ale met rooiwyn vergelyk en lager met witwyn. *Pas kos en bier wat mekaar komplimenteer, maar 'n kontras kan ook toevalllig pas. Ons wys jou hoe: Slaai:

Probeer Barbara se Pesto-aartappelslaai saam met Hansa Pilsner of 'n groenslaai met vinaigrette soos die ene by Hoppy Brown Ale Rooivleis Oondgeroosterde springbokboud met Scottish Ale Hoender: Gevulde hoenderborsies met Hanasa Marzen Gold Seekos:

Geniet  Tuna saam met Peroni Nastro Azzuro Grolsch word saam met garnale bedien Laastens maar verseker nie die minste nie probeer nagereg soos:

Karringmelk-sjokoladekoek Dubbelsjokolade-broodpoeding Gebakte sjokoladepoeding met Castle Milk Stout