Wie wil nou ’n geel mielie eet as jy eerder ’n hele reënboog kan eet? Dié mooi bont mielies is ontwikkel deur Carl Barnes, ’n Oklahoma-boer en Cherokee-nasaat.

Hy het begin eksperimenteer met kruisteling van sade wat die inheemse volke van Amerika nog geplant het (heirloom seeds).

Die resultaat is dié vrolike reënboogmielies, ’n natuurlike produk met al die oorspronklike voedingswaarde.

Ons dink dit lyk so bietjie soos Smarties – dalk nét die ding vir kinders wat nie hul groente wil eet nie!

FOTO Greg Schoen FOTO Greg Schoen

Maar moenie verwag dat jy die reënboogmielies binnekort in Suid-Afrika sal kry nie. Dis op die oomblik nog net in die VSA beskikbaar.

Screen Shot 2016-05-10 at 10.22.36 AM

Bron: Rainbow Corn

Lees nou

Herman toets: Kan avokado’s vinniger ryp word in oond?

BroodBakkie met hoemoes en Pesto