Inspirasiekos van Spekko Rice

Spekko is die trotse borg van Inspirasiekos met SARIE op VIA (DStv-kanaal 147) dié seisoen. Met Spekko-rys kry jy altyd meer – ook inspirasie vir heerlike nuwe geregte.

Spekko_Promosie Tag

Melktert-ryspoeding

Nes melktert, maar warm en lekkerder. Eet dit sommer vir ontbyt.

genoeg vir 4 

500 ml melk

1 kaneelstokkie

2 steranys-sade

1 repie lemoenskil

190 ml koppie suiker

4 eiergele

30 ml mielieblom (Maizena)

375 ml koppie gaar Spekko Royal Umbrella Jasmyn-rys

2,5 ml vanielje-ekstrak

45 ml botter

kaneel vir voorsit

Verhit die melk, kaneelstokkie, steranys, lemoenskil en 125 ml van die suiker tot kookpunt. Verlaag hitte.

Klits die res van die suiker, eiergele en mielieblom. Verwyder die kaneelstokkie, steranys en lemoenskil uit die melk.

Voeg ’n kwart van die melk by die eiermengsel en klits. Voeg die eiermengsel by die res van die melk en hou aan klits tot die mengsel begin verdik.

Voeg die gaar rys by en kook vir ’n verdere 2–3 minute.

Verwyder van die kookplaat en meng die vanielje-ekstrak en botter by.

Sit warm voor in poedingbakkies met ’n sprinkel kaneel.

SPEKKO VIA SPONSORSHIP DIGITAL IMAGE V2-B

Kyk hoe maak Anna Carolina Alberts die gereg vir Spekko

Besoek www.spekkorice.co.za vir meer resepte en volg Spekko op Facebook of @SpekkoRice op Twitter en @SpekkoSA op Instagram.