Inspirasiekos van Spekko Rice

Spekko is die trotse borg van Inspirasiekos met SARIE op VIA (DStv-kanaal 147) dié seisoen. Met Spekko-rys kry jy altyd meer – ook inspirasie vir heerlike nuwe geregte.

Spekko_Promosie Tag

Rys-pilaf met okkerneute, bosbessies en lemoen

Jy kan dié gereg binne 40 minute maak!

genoeg vir 4

30 - 45 ml botter

1 klein ui, fyngesny

1 knoffelhuisie, gekap

175 ml gedroogde bosbessies (cranberries)

skil en sap van 1 lemoen

2,5 ml kaneel

375 ml Spekko India Gate Basmati-rys

375 ml hoenderaftreksel

125 ml gekapte okkerneute

sout en varsgemaalde swartpeper

60 ml gekapte koljander

geroosterde of gebraaide hoender

Verhit die botter in ’n pan en braai die ui en knoffel totdat dit deurskynend is.

Voeg die bessies, lemoenskil en -sap en kaneel by en roer goed deur.

Voeg die rys en aftreksel by en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte, bedek en laat prut vir sowat 20 minute of totdat die rys gaar is.

Rooster intussen die neute in ’n droë pan.

Gooi die oortollige vloeistof af. Pluis die rys met ’n vurk.

Voeg die neute by en geur met sout en peper.

Garneer met koljander en sit die pilaf voor met geroosterde hoender.

SPEKKO VIA SPONSORSHIP DIGITAL IMAGE V2-B

Kyk hoe maak Anna Carolina Alberts die gereg vir Spekko

Besoek www.spekkorice.co.za vir meer resepte en volg Spekko op Facebook of @SpekkoRice op Twitter en @SpekkoSA op Instagram.