Amy Kleinhans-Curd en Tammy-Anne Bestanddele Volle resep (halwe resep in hakies)

  • 5 groot eiers (of 6 kleintjies) (3 groot eiers)
  • 8 koppies water (4 koppies water)
  • 1½ koppies kookolie (¾ koppie kookolie)
  • 3 eetlepels asyn (1½ eetlepels asyn)
  • 1½ teelepels sout (¾ teelepel sout)
  • 6 koppies koekmeel (3 koppies koekmeel)
  • 5 teelepels bakpoeier (2½ teelepels bakpoeier) Vir vulsel
  • 1 avokadopeer, in blokkies gesny
Amy Se Soutpannekoek Metode: 1. Klits eiers en water baie goed. Voeg kookolie, asyn en sout by en klits weer baie goed.
2. Voeg meel (gesif) by en klits weer baie goed. Voeg bakpoeier laaste by en klits vir sowat 1 minuut.
3. Hoe langer die mengsel staan voor gebruik, hoe beter. Dit kan in die yskas gebêre word vir sowat 1 week. Sousie:
  • 2 eetlepels botter
  • eetlepel mielieblom
  • 1 koppie suurlemoensap
  • knippie sout
  • 1 koppie suiker
Smelt al die bestanddele saam en sit voor bo-oor die pannekoeke. Kyk die Roer! episode hier