Bestanddele

  • 600 ml room
  • 5 eiergele
  • 100 g strooisuiker
  • 5 ml vanielje-ekstrak
  • 25 ml Amarula Cream
Crème Brûlee Metode:

1. Plaas die room in 'n souspan of in 'n hittebestande bak oor 'n bak warm water. Laat dit stadig warm word, maar maak seker dat dit nie begin borrel nie.
2. Klits die eiergele, helfte van die strooisuiker, die Amarula Cream en die vanielje-ekstrak saam in 'n bak. Voeg die room by en meng alles goed saam.
3. Plaas 6 ramekin-bakkies in 'n oondpan en maak dit vol water tot die water halfpad teen die kante van die ramekins is. Gooi die vlamengsel stadig in die ramekins.
4. Bak in die oond teen 150 ºC vir omtrent so 1 uur of totdat dit gestol het. Maak seker dat die water nie begin kook nie. Haal die ramekins uit en laat dit vir so uur afkoel.
5. Sit dit in die yskas vir 2 – 3 ure, verkieslik oornag. Sprinkel elkeen met die orige suiker en sit dit onder 'n warm oondrooster totdat die suiker gesmelt het en karamel word.
6. Sit dit weer in die yskas vir 2 – 3 ure voordat jy dit voorsit.