Pizza

Pizzabasis
(4 porsies)

Maak net seker die deeg is heeltemal met die kleefplastiek bedek anders droog dit uit.

Bestanddele:
600 g witbroodmeel
1 pakkie kitssuurdeeg
30 ml olyfolie
10 ml sout
Ongeveer 300ml louwarm water

Metode:

  1. Meng die witbroodmeel, suurdeeg, olyfolie en sout in 'n groot mengbak. Maak 'n holte in die meelmengsel en gooi die water in. Meng met skoon hande. Voeg nog water by indien nodig om stywe deeg te vorm.
  2. Knie vir 10 minute. Verdeel in 4 ewe groot balle. Maak die bak met kleefplastiek toe en laat rys tot dubbel die grootte.
  3. Sit op oppervlakte wat met meel bestrooi is en rol uit om pizzabasis te maak.

Tamatie-en-uie-sous
Die resep maak ongeveer 500 ml sous. As jy dit voor die tyd maak of daar bly bietjie oor kan dit vir twee

13 Uur genomineer vir gesogte prys

Lees wat Deon Meyer en Stieg Larsson in gemeen het...

 

 weke in die yskas gehou word.

Bestanddele:
'n halwe ui, gekap
2  knoffelhuisies, fyn gekap
30 ml olyfolie
1 blik gekapte tamaties
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Metode:

  1. Verhit die olie in 'n swaarboompotjie. Braai die ui en knoffel tot sag en deurskynend.
  2. Voeg die tamaties by en bring tot kookpunt. Draai die hitte laer en prut vir 20 minute. 3. Geur met sout en vars gemaalde swartpeper.
  3. Laat die sous heeltemal koud word. Gooi in voedselverwerker en verpulp tot gladde sous.

Bolaag:
Hoender, songedroogte tamatie en feta

Bestanddele
3 ontbeende hoederborsies, in blokkies gesny
Cajun speserye
Sonneblomolie vir braai
Songedroogte tamaties
Griekse styl feta, in blokkie gebreek
Beleë cheddarkaas, gerasper
Mozarellakaas, gerasper

Metode:

  1. Verhit die sonneblomolie in 'n groot pan. Geur die hoenderblokkies met die Cajun speserye en braai tot gaar. Skep die hoender uit die pan op kombuispapier en laat afkoel.
  2. Voorverhit die oond tot 220C. Intussen kan jy met die "bou" van die pizza begin.
  3. Smeer 'n lagie van die tamatiesous op die pizzabasis. Pak die hoenderblokkies en die songedroogte tamaties op die pizzabasis. Die pizza word in agt dele gesny so met die pak sorg dat elke sny van die hoeder en tamaties op het.
  4. Strooi nou eers die beleë cheddarkaas en dan die mozarellakaas oor.
  5. Bak vir ongeveer 12 minute tot die kaas gesmelt is.

Spek en kersies

Bestanddele:
250 g repies spek, in blokkies gesny en gaargemaak
geglanseerde kersies

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 220 C. Intussen kan jy met die "bou" van die pizza begin.
  2. Smeer 'n lagie van die tamatiesous op die pizzabasis.
  3. Pak die spek en die geglaseerdekersies op die pizabasis. Die pizza word in agt dele gesny so met die pak sorg dat elke sny van die spek en kersies op het.
  4. Strooi nou eers die beleë cheddarkaas en dan die mozarellakaas oor.
  5. Bak vir ongeveer 12 minute tot die kaas gesmelt is.

Besoek Roer!-webtuiste