Bestanddele

  • 2 stukkies vars en ferm wit vis
  • eetlepel koekmeel
  • eetlepel mieliemeel
  • eetlepel masala
  • sout en peper
  • suurlemoen, vars
  • 1 groot patat
  • stukkie vars gemmer
  • ½ koppie warm melk
  • teelepel botter
  • suring (sorrel)
Kaap Massalla vis Metode
1. Druk die suurlemoensap oor die vis uit, gooi sout en peper oor en plaas eenkant.
2. Meng die koekmeel, masala en mieliemeel in ‘n bord.
3. Bedek die vis met meelmengsel en plaas eenkant vir ‘n paar minute.

4. Braai in vlak olie in 'n warm pan – 3 minute aan ‘n kant. Moenie die vis té gaar maak nie.
5. Was ‘n hand vol surings en kap dit fyn vir garnering.
Rooiwyn-balsem-glanssous
  • 1 glas rooiwyn
  • teelepel balsemasyn
  • 2 naeltjies
  • eetlepel roosstroop
Metode

Kook al die bestanddele (roosstroop uitgesluit) saam oor 'n lae hitte totdat dit ‘n dik stroop vorm, voeg dan die roosstroop by en plaas eenkant sodat dit kan afkoel.

Fyngemaakte patat

Metode

1. Kook blokkies patat in 'n klein bietjie water, druk ‘n klein hoeveelheid suurlemoen oor totdat dit sag is.
2. Dreineer, maak fyn en voeg warm melk, botter, sout en peper by.
3. Wanneer klaar, rasper ‘n teelepel vars gemmer in die fyngemaakte patat en meng. Tamatie-smoor Bestanddele

  • halwe ui
  • 1 tamatie, in skywe gesny
  • 1 knoffelhuisie
  • ½ groen rissie
  • eetlepel suiker
  • eetlepel rooiwyn
  • ½ teelepel kaneelpoeier
Metode Gooi al die bestanddele in ‘n pan, braai totdat dit sag is en ‘n puree vorm. Sit voor saam met vis. Kyk die Roer!-episode hier