Tammy, Jody & Diaan Samoesas (3 x vulsels) Bestanddele

  • 1 fyngekapte ui
  • 1 fyngekapte vars brandrissie met:
Lam-kwepers-en-garam-masala-vulsel
  • 300g ontbeende lamstjop, fyngekap
  • halwe teelepel garam masala
  • 4 stukkies ingelegde kweper
  • eetlepel heuning
Botterskorsie-vulsel
  • 300g botterskorsie, in klein blokkies gesny
  • 4 stukkies geskilde, ingelegde lemoenskil (lemoenkonfyt)
  • knippie kaneelpoeier
Kaas-en-groenvy-vulsel
  • 300g boerenkaas, opgesny in klein blokkies
  • 50g bloukaas
  • 4 ingelegde blokkies groenvy (groenvyekonfyt)
Samoesas Metode:

1. Panbraai die ui en brandrissie oor lae hitte totdat dit deurskynend is.
2. Deel dit in 3 gelyke dele en hou eenkant.

Lamvulsel

1. Braai die lamsvleis met sout en swartpeper en voeg die garam masala by net voor die einde van die kookproses.
2. Verwyder van hitte en meng met uie en kwepers en heuning.
3. Hou dit eenkant sodat dit kan afkoel.

Botterskorsie-vulsel 1. Stoom die blokkies botterskorsie in effens gesoute water. Moenie te lank kook nie. Dreineer goed.
2. Strooi die kaneelpoeier oor.
3. Meng dit met die uie en fyngekapte lemoenskil.
4. Voeg 'n teelepel konfyt by.
5. Hou dit eenkant. Kaas-en-groenvy-vulsel

  • Meng die kaas en vye met die afgekoelde uie en hou dit eenkant.
 Vul die samoesas en vou hulle. Braai in olie oor medium hitte en voeg 'n mespunt borrie by vir kleur. Kyk die Roer! episode hier