Bestanddele

  • 1 wildsfilet
  • Aromat en swartpeper
  • bruismeel
  • eiers (geklits)
  • Kelloggs Corn Flakes-krummels (gewone)
Metode 1. Sny filet in ± 1 cm-skywe.
2. Sprinkel Aromat en swartpeper oor.
3. Doop eers in bruismeel, dan in eier en laaste in krummels.
4. Sit dit op 'n bord en sit dit vir ten minste 3 ure in yskas.
5. Braai in olie tot medium-gaar en dreineer op kombuispapier.
6. Sit voor met kaassous of sampioenroomsous, of kombineer die twee.
Schnitzel
Sous
uie, fyngekap
sampioene, fyngekerf
olyfolie
melk
pakkies sampioensous en/of cheddar-kaassous.

Braai uie en sampioene in 'n bietjie olie. Voeg melk by. Laat kook en voeg dan die pakkies souse by terwyl vinnig jy roer. (Jy kan ekstra kaas bygooi as wil.) Kyk die Roer! episode hier