Bestanddele

  • 1 baie goed skoongemaakte afval
  • 1 koppie asyn
  • 2 suurlemoene in skywe
  • suurlemoenblaar
  • 2 uie in skywe
  • klein aartappeltjies
  • 2 eetlepels kerriepoeier
  • 1 eetlepel borrie
  • ½ teelepel koljander
  • 1 teelepel tiemie
  • sout en swartpeper
  • 2 eetlepels worcestersous
  • ½ koppie goeie brandewyn gemeng met ½ koppie water
Afval Metode 1. Om die afval-'klankie' te verwyder en die afval ekstraskoon te kry: Sit die afval in 'n pot, voeg die koppie asyn en genoeg water by en bring net tot by kookpunt.
2. Verwyder van stoof en spoel af in koue water.
3. Plaas skywe suurlemoen onderin slow cooker.
4. Sny die afval in kleiner stukkies en plaas op die suurlemoen.
5. Plaas ui en aartappels bo-op.
6. Maak ‘n mengsel van al die geurmiddels en gooi bo-oor.
7. Gooi dan brandewyn-en-watermengsel oor.
8. Sit die slow cooker op auto (gee sowat 5 – 6 ure kans).
9. Bedien met rys, ertjies en soet wortels. Kyk die Roer! episode hier