6 porsies
Bestanddele

  • 4 eiers
  • 250 ml suiker
  • 500 ml melk
  • 4 snye witbrood, korsies verwyder
  • botter
  • 2 blikke (410 g elk) koejawels, gedreineer en in wiggies gesny
  • ekstra suiker
Guava poeding Metode 1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
2. Klits die suiker en eiers saam en voeg die melk by.
3. Smeer die brood met botter, sny in vingers en pak in drie ramekins.
4. Sit die koejawelwiggies bo-op en en gooi die eiermengsel oor.
5. Besprinkel met suiker en bak totdat dit goudbruin is, so 40 minute. Bedien met room of vla. Kyk die Roer! episode hier