Gert van der Merwe en Tammy Bestanddele 4 porsies 

  • 1 eetlepel gesmelte botter
  • 'n kwartkoppie ongesmelte botter
  • 'n kwartkoppie meelblom
  • 'n vol koppie melk
  • 'n vol koppie gerasperde gruyère-kaas
  • 4 eiergele
  • 5 eierwitte
Gert neem individuele ramekin-bakkies en plak 'n laag waspapier sowat 6 cm hoër as die bakkie se diepte om die buitekant vas. Dit help dat, indien die soufflé lekker hoog rys, dit nie oorloop nie.
Gruyére-kaas soufflé Metode 1. Voorverhit die oond tot 250 ºC.
2. Smeer die binnekante van die ramekin-bakkies met botter en pak hulle op 'n bakplaat.
3. Smelt die kwartkoppie botter op die stoof en roer die meelblom in om 'n roux te maak.
4. Kook vir twee minute terwyl jy aanhou roer sonder dat dit van kleur verander.
5. Verwyder van die stoof en roer die melk geleidelik in totdat dit 'n egalige, gladde pasta-voorkoms het.
6. Sit die kastrol terug op die stoof en prut vir drie minute.
7. Voeg die kaas by en hou aan roer.
8. Klop die eiergele in, een op 'n slag, terwyl jy aanhou roer.
9. Klop die eierwitte in 'n aparte bak styf totdat dit sagte torinkies kan maak.
10. Vou die soufflé-mengsel stadig by die eierwitte in en vul die soufflé-bakkies daarmee.
11. Bak vir sowat 20 minute en sit dadelik voor. Kyk die Roer! episode hier