Bereidingstyd: 10 Minute
Gereed: Binne 'n uur en 10 minute
4 porsies
Die slaaisous in die aarbei-en-spinasieslaai is heerlik. Dit begin met asyn en olyfolie en bevat ook suiker en ‘n bietjie ui, Worcestersous, sesamsaad, paprika en papawersaad. Dit word voor die tyd verkoel sodat al die geure kan meng. Bestanddele

  • 2 eetlepels sesamsaad
  • 1 eetlepel papawersaad
  • ½ koppie witsuiker
  • ½ koppie olyfolie
  • ¼ koppie wit asyn
  • ¼ teelepel paprika
  • ¼ teelepel Worcestersous
  • 1 eetlepel fyngekapte ui
  • 10 onse (sowat 300 g) vars spinasie – spoel af, laat droog word en in happiegrootte stukkies geskeur
  • ¼ koppie aarbeie – skoongemaak en gesny
  • ¼ koppie amandels – gepel en fyngekap
Heinz En Aletté Se Aarbei- En Spinasieslaai Metode 1. In ‘n medium-grootte bak, meng die sesamsaad, papawersaad, suiker, olyfolie, asyn, paprika, Worcestersous en ui. Bedek en laat afkoel vir ‘n uur.
2. Gebruik 'n groot bak en voeg die spinasie, aarbeie en amandels saam.
3. Gooi die slaaisous oor en meng.
4. Verkoel vir 10 tot 15 minute voor jy dit voorsit. Kyk die Roer!-episode hier