Henré Se Minestrone-sop Bestanddele

125 g droë wit haricot-boontjies
30 ml botter
200 g murgpampoentjies, in blokkies gesny
3 wortels, in blokkies gesny
2 aartappels, in blokkies gesny
1 groot selderystok, gesny
200 g gerookte varkvleisrepe
2 uie, fyngekap
4 preie, fyngekap
3 groot tamaties, in klein blokkies gesny
2 liter hoender-aftreksel
1 lourierblaar
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Metode 1. Bring 1 liter water tot kookpunt. Voeg droë bone by en laat kook vir 2 minute. Haal van die hitte af en laat staan vir 1 uur. Plaas terug op hitte en laat prut vir 1 uur tot effens sag. Dreineer.
2. Smelt botter in ’n groot kastrol. Braai murgpampoentjies, wortels, aartappels en seldery vir sowat 5 minute saam, maar nie tot bruin nie.
3. Braai varkrepe in ’n klein bietjie olyfolie in ’n groot kastrol tot bruin en bros. Haal varkrepe uit die kastrol en dreineer op kombuispapier.
4. Gooi uie en preie in dieselfde kastrol waarin die vleis gebraai is. Braai vir sowat 8 minute tot sag.
5. Voeg tamaties, gebraaide groente, aftreksel en lourierblaar by. Geur met sout en swartpeper.
6. Laat kook vir 25 minute. Verwyder die lourierblaar en voeg bone en gebraaide varkvleis by.
7. Kook verder vir 15 – 20 minute. Kyk die Roer! episode hier