6 porsies Bestanddele

  • 45 ml vodka
  • fyngerasperde skil en sap van 2 lemmetjies
  • 1 x 115 g (1 blikkie) grenadella-pulp
  • 1 pynappel
  • sosatiestokkies
  • mentblare vir versiering
  • 45 ml strooisuiker
  • 10 ml fyn gemmer (Robertsons)
Geroosterde pynappel Metode 1. Maak die slush deur die vodka, lemmetjiesap en -skil en grenadella-pulp te meng. Gooi mengsel in 'n vlak oondbak of bakplaat en vries.
2. Skil die pynappel en sny in die lengte in skywe. Druk 'n stokkie deur die bopunt van elke skyf (onthou om stokkies in koue water te laat staan voor die tyd).
3. Meng die strooisuiker en die gemmer.
4. Doop die pynappelstukke in die gegeurde suiker en rooster oor ‘n matige warm vuur totdat dit karamelliseer.
5. Gebruik ‘n vurk om die slush op te breek, gooi dit in shot-glase en sit die pynappelskywe daarmee saam voor, versier met mentblare.
Kyk die Roer! episode hier