Bestanddele 400 g vis (jou growwer en taaier vis werk beter, bv. koningklip, maar stokvis werk ook)
150 g mayonnaise
'n klein bietjie sout, afhangende van hoeveel sout jou mayonnaise bevat
1 fyngerasperde ui
30 ml All Gold-tamatiesous
blaarslaai
paprika
vars suurlemoen Stokkiesdraai Kreef
Metode 1. Meng die mayonnaise en die tamatiesous saam.
2. Plaas die vis in kookwater vir sowat 20 tot 30 sekondes. Moenie die vis deurgaar maak nie.
3. Breek die vis in groterige stukkies soos jy ‘n kreefstert sou voorstel.
4. Gooi sous oor die vis terwyl die vis nog warm is (dit help sodat die sous lekker intrek).
5. Plaas in die yskas en sit yskoud voor op ‘n blaarslaaibed in ‘n vonkelwynglas of -kelkie.
6. Sprinkel 'n bietjie paprika oor en garneer met ‘n stukkie suurlemoen wat jy oor die vis uitdruk net voor jy jou eerste happie vat. Kyk die Roer!-episode hier