Jana, Cindy & Tammy
Bestanddele
4 porsies

  • 4 groot rooi soetrissies
  • 16 vars basiliekruidblare
  • 300g baba-tamaties
  • seesout en growwe swartpeper
  • olyfolie
  • 150g mozzarella pearls, goed gedreineer
Gebakte Rooi Soetrissie en Baba Tamatie Voorgereg Metode

1. Voorverhit oond tot 190 ºC. Halveer die soetrissies in die lengte en verwyder die sade en binnekant. Plaas op 'n bakplaat wat uitgevoer is met bakpapier.
2. Sit in elke soetrissie-helfte 'n basiliekruidblaar en 'n paar tamaties. Gooi sout en swartpeper oor na smaak en besprinkel met olyfolie.
3. Bak vir 30 – 40 minute of tot die soetrissies sag is, maar steeds hul vorm behou. Haal uit die oond. Sit die mozzarella pearls in. Gooi weer bietjie sout en swartpeper oor. Gooi van die pansappe oor en garneer met nog 'n basiliekruidblaar.

Sien die Roer!-resep hier