Bestanddele

  • 1 bakkie roomkaas
  • gemengde gedroogde speserye
  • 4 hoenderfilette, oopgesny in die middel, nie heeltemal deur
  • 1 pakkie repiespek
  • sout en swartpeper
  • 1 pakkie baba-tamaties
  • 1 pakkie aspersies
  • 2 eetlepels balsemasyn
Hoender in spek Metode

1. Vul die hoenderfilette met roomkaas.
2. Vou toe en draai repies spek rondom totdat die hele filet toegedraai is. Gooi sout en swartpeper oor. Bak in voorverhitte oond tot bruin en gaar.
3. Sny die tamaties middeldeur. Braai die tamaties en die aspersies in 'n pan met bietjie olyfolie.
4. Gooi balsemasyn oor en braai tot deurwarm en gaar. Bedien saam met die hoender op pasta. Kyk die Roer!-resep