Tammy-Anne en Jay Bestanddele:

  • 1 – 2 eetlepels olyfolie
  • 1 rooi-ui, fyn opgekap
  • 500g gemengde sampioene, opgesny en in warm water geweek
  • 300g risotto-rys
  • 1 liter groente-aftreksel
  • 2 eetlepels dragon (tarragon), varsgekap
  • 300 g bokmelkkaas
  • 1 eetlepel pietersielie, varsgekap
Jay Se Bokmelkkaas Gebakte Risotto Metode:

1. Verhit die olie in ‘n groot braaipan en braai die ui vir 2 – 3 minute. Voeg die sampioene by en braai vir 2 minute, voeg dan die rys by. Meng goed en kook vir ‘n verdere minuut.
2. Verhit die oond tot 180 ºC. Gooi die risotto oor in ‘n vlak, oondvaste bak. Voeg die aftreksel, sampioenwater en dragon by. Bedek en bak vir 30 – 40 minute tot die rys gaar is en al die vloeistof geabsorbeer is. Haal uit die oond.
3. Sny 100 g van die kaas en meng dit deur risotto saam met die pietersielie. Sny die res van die kaas, pak dit bo-op die risotto en rooster vir 3 – 5 minute tot goudbruin.

Kyk die Roer!-episode hier