Bestanddele

  • vrugte – in skyfies gesny, bv. pynappel of piesang
  • botter om vrugte in te braai
  • bruinsuiker en kaneel om oor die vrugte te strooi terwyl jy dit braai in die pan
  • 1 pakkie pannekoekbeslag – die soort waar jy net die eiers, melk en olie bygooi en klits
  • Amaretto of Frangelico, heuning, gemengde gekapte neute, vanielje-roomys
Jeremy se Viënamese pannekoeke Metode

1. Sny vrugte in skyfies en braai in botter in 'n pan tot ligbruin.
2. Strooi sowat 2 eetlepels bruinsuiker en 'n knippie kaneel oor die vrugte.
3. Skep 'n groot soplepel pannekoekbeslag oor die vrugte.
4. Haal die pan van die stoofplaat af en sit dit vir sowat 5 minute in die oond – op die tweede rak van bo. Die oond moet op sowat 240 ºC wees.
5. Die boonste gedeelte van die pannekoek sal begin verkleur. Toets dat dit gaar is voordat jy dit uit die oond haal.
6. Skuif die gaar pannekoek oor op 'n opdienbord.
7. Besprinkel die pannekoek met gekapte neute, heuning, likeur en 'n skep of 2 roomys.
8. Herhaal die hele proses en pak die pannekoeke in lae op mekaar – so 4 – 5.