Bestanddele

  • 4 koppies meel
  • 2 ekstra-groot eiers
  • 2 eetlepels water
Pasta Metode

1. Werk op 'n tafel. Gebruik 4 koppies meel om 'n dammetjie mee te maak en breek die eiers in die middel van die dammetjie.
2. Werk met vingers deurmekaar en voeg water by. Indien te pap, vul met klein bietjie meel aan, of te styf, weer met min water.
3. Brei die mengsel byna met die handpalm om die konsistensie soos 'n klei te maak.
4. Bedek met kleefpapier/-plastiek sodat die meel kan rus (sowat 'n uur) en brei weer liggies.

Ek gebruik 'n pasta-masjien wat met die hand gedraai word. Lekker pret om die gesin of gaste te laat deelneem (en 'n koekroller vat net te lank). 5. Die pasta word gerol tot sowat 2 mm dik en 5 – 8 mm wyd. (Ja, jy mag kroek en 1 kg tagliatelle gaan koop en gaarmaak.)
6. Hang om effe te winddroog. Kook vir 4 – 6 minute in groot pot (5 liter) met soutwater tot 'n stukkie teen die muur bly vassit as jy dit gooi (al dente).
7. Dreineer, spoel met koue water. Ek gooi graag 'n eetlepel olyfolie oor en meng liggies deur.
8. Sit dadelik voor met lamsbladrolletjies bo-op en skep van die warm marinade-sous spaarsamig oor. Heerlik saam met 'n Italiaanse slaai. Kyk die Roer! episode hier